Die vroue van Kosmoslaan

    310.00 310.00 310.0 ZAR

    310.00

    This combination does not exist.

    Add to Cart

    Dis die betekenis van die kosmosblom wat Ellie Brink laat besluit het sy wil in dié laan bly en haar kinders hier grootmaak: "joy in love and life". Sy is nogal behep met blomme en kinders, en toe sy dié beskrywing van die kosmosblom lees, het sy geweet dis háár laan.

    "Die vroue van Kosmoslaan" vertel die stories van vyf uiteenlopende vroue. Ellie skryf kinderboeke en wens sy kan swanger raak en haar stories vir haar eie kind vertel. Ida Scholtz se man en seun is saam in 'n motorongeluk dood en nou bly Claire, haar skoondogter, by haar. Marella is 'n prokureur en lewe streng volgens vooraf uitgewerkte lysies. Julia en haar seun, Rudi, bly ook in die laan en Julia is bly dat sy destyds die huis in haar naam gesit het, want haar man het saam met sy sekrataresse weggeloop en nou het sy en Rudi darem 'n dak oor hul koppe. Alma en Jurie bly langs Ellie en wanneer Alma se dogter verdwyn, begin almal in die laan na haar soek.

    Die vroue deel hul pyn en vreugde met mekaar wanneer hulle een keer 'n maand bymekaar kom om te brei. Dit was Marella se idee om die groep te begin al was dit nie die intensie om so gereeld bymekaar te kom nie. Die breigroep word die vroue se toevlug en die kosmosblom word 'n teken van tweede kanse, hoop, drome en geluk.

    Die boeiende verhaal is elke vrou se verhaal. Die vroue van Kosmoslaan ervaar God se genade en sy beloftes om te voorsien wanneer hulle dit die nodigste het.


    This is a preview of the recently viewed products by the user.
    Once the user has seen at least one product this snippet will be visible.

    Recently viewed Products