Blikkies vol Genade
Hierdie is my storie, 'n ware storie, maar jy sal jouself iewers in die boek raak lees, en dan sal jy saam met my oopmond staan in verwondering oor wie God is en die bemoeienis wat Hy met gewone mense soos ons maak. Ontdek saam met my hoe God ons reg deur ons lewe bederf met Sy teenwoordigheid, genade en liefde.
Rian Johannes (Blikkies) Blignaut is op 21 Junie 1961 op Cradock gebore. Hy matrikuleer in 1980 aan Hoërskool Middelburg (Kaap). Blikkies studeer by UPE en behaal sy BA graad. Daarna is hy Universiteit van Stellenbosch toe waar hy teologie studeer en ontvang sy B.TH. in 1986. In 1987 doen hy 'n Lisensiaat in Teologie. Sy nasionale diensplig doen hy in die SA Vloot.
Blikkies dien 10 jaar in die NG Kerk, en behaal ook in die tyd 'n Meestersgraad in Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch. Die daaropvolgende dekade bedryf hy 'n buitelug bediening in die Boland. Dan raak hy betrokke by die gasvryheidsbedryf en wildboerdery wat hy tot op hede, as ontwikkelingsbestuurder van 'n gasteplaas net buite Springbok, baie geniet.
Once the user has seen at least one product this snippet will be visible.