Hoeksteen
Met "Hoeksteen - Die verhaal van Rosh Pinah en sy kinders" word die ontstaansgeskiedenis van dié unieke myndorpie in die woestynlandskap binne die breër konteks van die historiese ontknoping van Namibië se staatkundige bedeling geskets.
Met herinneringe soos dié word 'n bepaalde tydperk uit die verlede voor die gees geroep. Die herinneringe gee insig ten opsigte van die herkoms en kultuur van die inwoners en hulle bydra tot die leefbaarmaking van hulle streek.
Dennis J. Alchin onthul en boekstaaf geskiedkundige gebeure wat nie alombekend is nie in 'n lekkerlees boek. Só skep hy'n kosbare erfstuk vir diegene wat deel was van die ontwikkelinge, asook 'n rigtingwyser vir dié wat nog kom en op die hoeksteen wat reeds gelê is, moet voortbou.
Zodra de gebruiker ten minste één product heeft bekeken, is dit fragment zichtbaar.