Die Twaalf Klein Profete
Wanneer laas het jy die boek Nahum gelees? Of dié van Miga? Of enige van die sogenaamde Klein Profete? Dink jy hierdie geskrifte van meer as 2 400 jaar gelede is nog relevant?
Elkeen van die Twaalf Klein Profete wys vir ons 'n stukkie van wie God werklik is - hoe sy hart is: sy heiligheid, sy deernis met gebrokenes, sy onvoorwaardelike liefde en bomenslike geduld met sondaarmense.
Temas wat in hierdie 16 weke lange Bybelstudie voorkom, sluit in:
• God praat deur verwoesting en voorspoed
• God se genade en ontferming is vir alle mense
• God gee uitkoms vir dié wat op Hom wag
• God volhard in sy liefde vir ons
Elke week se studie sal jou laat vra na die betekenis van die gelese gedeelte, wat dit sê van God en van mense, en hoe jy die beginsels kan uitleef in jou persoonlike situasie.
Zodra de gebruiker ten minste één product heeft bekeken, is dit fragment zichtbaar.