'n Klein bietjie magic
230.00 230.00 230.0 ZAR
Soms voel dit net of daar 'n bietjie magic in die lug is...

Toe Janke se pa-hulle besluit hulle gaan nie hierdie Desember op Gourits vakansie hou soos gewoonlik nie, is sy nie baie beïndruk nie. En nog minder toe sy uitvind hulle gaan vir vier weke na die piepklein, geïsoleerde kusdorpie McDougallsbaai in die Noord-Kaap. 'n Piepklein dorpie saam met 'n oorbeskermende ma is NIE Janke se idee van 'n prettige vakansie nie...

Ten minste is daar 'n oulike buurseun, Stefan, wat vinnig die ligpunt van Janke se vakansie word. Daar is net iets aan Stefan se sjarme en die verlatenheid van die dorpie onder die groot sterrehemel wat haar laat voel daar is iets magical in die lug... En wie weet wat kan gebeur?
'n Hart is net Atome
230.00 230.00 230.0 ZAR
Poh die Ystervuis. Dis wat Poh se beste vriend, Theo, haar noem. Na jare se oefen het sy hierdie jaar haar oog op die Gouevuistoernooi. Die enigste probleem is dat haar baie tradisionele Chinese pa net mooi niks wil weet van sy dogter se boksdrome nie.

Asof Poh en haar pa se konstante baleiery daaroor nie genoeg is nie, het sy nog 'n probleem: Sy is stilletjies verlief op Theo, maar hy het skielik net oë vir Nisa - die gewildste meisie in die skool. Tot almal se verbasing stem Nisa in om met Theo uit te gaan, maar Poh vermoed sy het 'n verskuilde agenda.

Die Ystervuis gaan haar handskoene vir 'n ander soort geveg moet aantrek. Sy beraam 'n plan om te keer dat Theo in Nisa se kloue beland. Poh moet net seker maak sy boks nie bo haar gewig nie...
Vreesloos
230.00 230.00 230.0 ZAR
Vreesloos?

Elle is vrekbang. Haar matriekjaar spoed ten einde. Sy wil briek gooi, want sy weet nie of sy kans sien vir 'n lewe anderkant die rooibaksteenmure van Gravitas nie. Waar ander meisies planne maak vir hul groot matriekvakansie, probeer sy daarvan vergeet. Sy wil elke laaste oomblik met oorgawe geniet. Soos die matriekdans.

Op hierdie dans gaan sy 'n laaste kans kry om haar stempel af te druk. Dit moet onvergeetlik wees, veral vir die nuwe hoofmeisie en die graadelfs. Alles is droommooi: van die statige ou skoolgeboue tot haar metgesel in sy donker pak. Alles is supermega-stylvol: van die oerwoud in die skoolsaal tot die gourmetdisse op die tafel. Mevrou Bender is op haar pos, goedkeurend en in beheer. Wat kan verkeerd loop? Net mooi alles.

As haar droomdans dan wel onvergeetlik is, maar om al die verkeerde redes, meot Elle keuses maak. Sy en Refilwe moet die gevolge dra, want hulle is die beeld van Gravitas.

En wat wag vir Elle en Refilwe aan die einde van die eksamen? Gaan dit 'n vakansie in 'n pienk bikini wees, of verblyf in 'n tronksel in 'n oranje oorpak?
Iemand wat verdrink en ander verhale
230.00 230.00 230.0 ZAR
Iemand wat VERDRINK.
Iemand met 'n donker GEWETE.
Iemand wat van sy FAMILIE vertel.
Iemand wat wil VLIEG.
Iemand wat 'n VLOEKWOORD hoor.
Iemand wat nie kan SIEN nie.
Iemand wat ORANJE word.
Iemand wat GESOND EET vir Instagram-likes.
Iemand wat KLIPPE en klappers gooi.
Iemand in SWART-EN-WIT.
Iemand wat beheer VERLOOR.
Iemand wat 'n BOOT vir sy pa bou.
Iemand wie se lewe VERFROMMEL.
Iemand wat vir die eerste keer GIM toe gaan.
Iemand wat reëls maak en WRAAK neem.
Iemand wat BEGRAFNISBLOMME kry vóór hy sterf.
Iemand en haar ouma en 'n klomp BEFOETERDE vroue.
Iemand wat na appels RUIK.
Iemand wat, die VET weet, klaar is met koolsop.
Iemand wat ZOMBIES skiet.
Iemand vir wie mieliepap soos ARMOEDE smaak.
Iemand wie se SKOOLTAS wegraak.
Iemand wat ongelukkig 'N GELUKKIGE TREKKING wen.
Iemand wat 'n nuwe HART kry.
Iemand met 'n STERT.

Ontmoet hulle almal in hierdie bundel. En word iemand wat verdrink in stories.
Verkleurmannetjie
230.00 230.00 230.0 ZAR
Toe Marco sy biologiese pa ontmoet, is dit die antwoord op baie vrae. Dié regte antwoord, wanat Dirk du Toit is iemand soos wie hy graag wil wees.

Die eintlike vrae kom egter nog. Wat nou van die mense wat Marco in die stad gelos het? Wat is sy halfbroer se probleem? En Dirk se vrou s'n? Word hy agtervolg?

Alles is reg aan Dirk, maar soveel is verkeerd óm hom...

Soos die titel belowe, is "Verkleurmannetjie" nie net een soort storie nie. Hier is meer ratverwisselings en onthullings as in 'n hele TV-reeks, deur 'n skrywer wat weet hoe werk 'n tiener se kop - en hou van hoe dit werk!
Suurlemoen!
240.00 240.00 240.0 ZAR
Daar is 'n paar basiese reëls wanneer jy jou eerste band begin:
1. Besluit vooraf watter soort musiek julle wil maak.
2. Neem jou tyd om lede vir jou band te kies.
3. Moenie op iemand in jou eie band verlief raak nie.

Ons het al die reëls oortree...