Jopie's
Accommodation
All our Accommodation
Local Accommodation
Local Accommodation Springbok
Die Ankerhuis
Bergmann's Hof
Kallie Fisher
Kokerboom
Captain's Cabin
Ou Dokters
Keerom
Eat
Art
Read
Explore
Show all activities
iReflect
Local iReflect
Local iReflect Springbok
Kinderlê
Richtersveld Transfrontier National Park
Vioolsdrif
Fort At Anenous
Klipfontein Hotel
Pella
Orbicule National Monument
The Synagogue
Cornish Beam Pump
Okiep - Cemetery
Van der Stel Mine
Smelter smoke-stack
Goegap Nature Reserve
First Dutch Reformed Church
Klipkerk
The Blue Mine
Klipkerk in Concordia
Anglican Church
Council Tree
Messelpad & The Old Jail
Horse Mill
Namaqua National Park
Soebatsfontein – The fountain
Bowesdorp
Kamieskroon
Darter’s Grave
The Methodist Church
Letterklip
Hondeklip Bay
Kleinzee
Contact us
My Cart
Sign in
Public Pricelist
Public Pricelist
Prev
3
4
5
6
7
8
9
Next
Sort by
Catalog price: High to Low
Catalog price: Low to High
Name: A to Z
Name: Z to A
Show categories
Childrens
ANTHOLOGIES
|
ART
|
CHILDREN
|
CHRISTIAN
|
COMICS
|
FICTION
|
FOOD
|
GIANT PICTURE BOOKS
|
HISTORY
|
MEMOIR & AUTOBIOPRAHY
|
NATURE
|
NON-FICTION
|
POETRY
|
TEENAGE & YOUNG ADULT
|
TRAVEL
Children Books
Sale
Die Prinses met die Lang Hare
R
70.00
R
70.00
70.0
ZAR
In 'n klein, arm landjie woon daar 'n prinses met ongelooflike lang hare. Sy sou dit graag wou afknip, maar haar pa sê dat 'n dame se hare haar kosbaarste sieraad is...
Sale
Amok op 'n Besemstok
R
150.00
R
150.00
150.0
ZAR
Die heks het 'n kat en 'n puntige hoed.
En gemmerrooi hare, gevleg soos dit moet.
En soos hulle vlieg op die waai van die wind,
kan jy Heksie hoor lag en die katertjie spin.
Sale
Die klein boek van: Mal Modes
R
50.00
R
50.00
50.0
ZAR
Is jy mal oor modes?
Hierdie mal modes sal jou laat skaterlag en gril.
Wie het 'n vleisrok gedra?
Wie se hare was vol vlooie en goggas?
Watse klere kan jou doodmaak?
Kan jy vlieë van jou oë weghou mer grimering?
Jy sal nooit weer dieselfde na modes en grimering kyk nie. Lees dadelik hierdie boek!
Sale
Die klein boek van: Fantastiese Feite
R
50.00
R
50.00
50.0
ZAR
Is jy 'n slimkop?
Jy sal een wees as jy hierdie boek lees. Slyp jou brein met vreemde vrae soos...
Kan jy van die aarde afval?
Wat weeg 'n wolk?
Is daar meer bome of meer sterre?
Wanneer is piesangs gevaarlik?
Hierdie fantastiese feite (EN MEER) gaan jou verstom.
Sale
Kris de Kat
R
190.00
R
190.00
190.0
ZAR
Kris de Kat was 'n straatsangers-kat,
'n straatsangers-kat was hy.
En by die Leeu in Lelielaan was Klaas en Kris te kry
waar mense luister in 'n kring
na Kris wat miaau en Klaas wat sing:
"Hier gaan alles gaaf en goed.
Gooi tog ietsie in ons hoed.
Dis ek en hy en 'n ou kitaar,
en hier sing ons ons liedjies klaar."
Sale
Die Dingesfabriek: Jannus en Kriek onder die see
R
90.00
R
90.00
90.0
ZAR
"Kyk hier! Vissermanne het 'n reuse-oereier van 'n geheimsinnige seedier gevind naby Bouvet-Eiland in die ysige Suid-Atlantiese Oseaan," sê Soetlief Knoets en trek die koerant nader.
"Die eier van 'n oer-seemonster?" vra Jannus belangstellend en druk sy neus tot byna teen die koerantpapier.
"Seemonsters?" vra Kriek en staan ook nader.
"Is daar werklik sulke goed?"
Maar Oupa het 'n verrassing vir die kinders. Die einste eier is in sy laboratorium, waar hy dit moet ondersoek.
Die kinders kyk met groot oë na hul oupa en vra gelyk: "Maar hoe gaan Oupa uitvind of dit nog lewend is?"
"Ons vat dit terug na waar dit vandaan kom, natuurlik, en kyk dan wat gebeur," sê Oupa. "Kom julle saam?"
Sale
Kinkels en Keuses: Die Holderstebolder Hondepartytjie
R
135.00
R
135.00
135.0
ZAR
Op sy verjaarsdag webs Jaco vir net een ding: 'n hond! En 'n hondepartytjie, met hondekolwyntjies. Maar gaan hy die geskenk van sy drome kry? Sal sy gunstelingmusiekgroep, Wagter en die Waghonde, opdaag? En wat moet hy doen as sy partytjie skielik 'n reuseramp is, of as die hond wat hy kry in iets baie eienaardigs verander?
JY besluit aan die einde van elke hoofstuk wat volgende gaan gebeur! Dié storie is propvol opwindende KINKELS EN KEUSES!
Sale
Monster Grappe
R
170.00
R
170.00
170.0
ZAR
Wat kry jy tussen Godzilla se tone?
Na watter sepie kyk spoke graag?
Wat maak: "Ha-Ha-DOEF"?
Weerwolwe, spoke en zombies baljaar saam met beroemde monsters soos Dracula, King Kong en Frankenstein se monster in hierdie skaterlag-grapboek. En as jy klaar gelag het, is daar selfs 'n resep om jou eie monsterslym te maak!
Sale
Road to Glory: Percy Tau
R
100.00
R
100.00
100.0
ZAR
For Percy and his family, life is tough as their mother struggles to make ends meet. But there is one thing that brings the Tau boys together: soccer. Soon enough, Percy joins the Sundowns Youth Academy, where coach Pitso Mosimane teaches him all about what it takes to become a professional footballer.
In March 2017 Percy's life changes forever: he is called up to play for Bafana Bafana. In 2018 he is named as the leading goalscorer of the season. However, just as he's settled into his new role, Percy is offered a position to play for a major club in the UK. What will the future hold for one of the brightest stars in South African soccer?
Sale
Kampioene: Caster Semenya
R
120.00
R
120.00
120.0
ZAR
<"En in baan drie, vir Suid-Afrika, is Caster Semenya!" sê die aankondiger. Die skare juig. Caster lig haar arms waarderend vir haar aanhangers. Dan draai sy om en staar na die baan. "Op julle merke!" Caster sit haar toon teen die lyn en kyk op. "Gereed!" Sy hurk effens, gereed vir ontploffende aksie...>
Caster Semenya is 'n wêreldklas-kampioen wat baie medaljes gewen het, insluitende goud op die Olimpiese Spele. Maar haar grootste uitdagings was dikwels nie op die atletiekbaan nie. Sy moes boelies en vooroordeel te bowe kom. Hierdie is die ongelooflike reis van 'n dapper jong Suid-Afrikaner wat ondanks talle struikelblokke bo uitgekom het.
"Caster Semenya" is deel van die KAMPIOENE-reeks, wat van Suid-Afrika se grootste sportlegendes volg op hul reis om nasionale en internasionale sterre te word.
Sale
Max die Masjien
R
160.00
R
160.00
160.0
ZAR
Sale
Die Dingesfabriek: Jannus en Kriek krimp
R
115.00
R
115.00
115.0
ZAR
Jannus en Kriek Knoets is verstom oor Oupa se nuutste uitvinding: die Supermega-Vergroter, 'n laserstraal wat 'n enkele koringkorrel eensklaps so groot kan laat groei dat 'n mens 'n hele brood daarvan kan bak. Maar per ongeluk tref die Vergroterstraal vir Jannus en sy oupa en hulle begin krimp en krimp, toot hulle skaars groter as twee spinkane is!
Vir twee piepklein mensies is Huis Deurmekruis se oorgroeide tuin 'n oerwoud waar gevaar oral skuil. Sal Kriek 'n plan kan maak om die twee veilig huis toe te bring?
Sale
Die Goorste Week Ooit!: Woensdag
R
200.00
R
200.00
200.0
ZAR
Het jy al ooit 'n GOOR WEEK gehad?
Justin Chase het, en dis hoekom:
Hy het Maandag en Dinsdag skaars oorleef, en nou is dit... Woensdag!
Sy kat is steeds spoorloos weg. Hy word per ongeluk 'n internetsensasie. En op die oomblik swem haaie in sirkels om hom, want hy's vasgekeer in 'n hart-gaan-staan, mond-hang-oop, lewe-op-die-spel SOS-penarie saam met sy ongelooflik irriterende aartsvyand!
Sale
Die Goorste Week Ooit!: Dinsdag
R
190.00
R
190.00
190.0
ZAR
Het jy al ooit 'n GOOR WEEK gehad?
Justin Chase het, en dis hoekom:
Hy het Maandag skaars oorleef, en nou is dit... Dinsdag!
Sy kat is steeds weg en is waarskynlik deur aliens ontvoer. Hy skaam hom meer as ooit vir sy pa. Hy het onverwags op die ergste manier moontlik 'n internetsensasie geword. Boonop val fotodag by sy nuwe skool saam met die Wetenskap-skouspel en dit ontaard in 'n bibberboud-en-tandeklapramp van epiese proporsies!
Sale
Die Goorste Week Ooit!: Maandag
R
199.00
R
199.00
199.0
ZAR
Het jy al ooit 'n GOOR WEEK gehad?
Justin Chase het, en dis hoekom:
Sy ma het so pas met 'n vampier getrou. Sy pa ry in 'n reusetoilet op wiele rond. Sy kat is waarskynlik deur aliens ontvoer. 'n Psigopatiese boelie maak sy eerste dag in 'n nuwe skool 'n nagmerrie. En op die oomblik hang hy voor sy hele klas aan die punt van 'n duiktoring wat tien meter hoog is en al wat hy aanhet, is 'n gehekelde swembroek wat nou vinnig verdwyn.
En dis nog maar net... Maandag!
Sale
Vind uit!: Wetenskap
R
180.00
R
180.00
180.0
ZAR
Wou jy al ooit weet wat weerlig is?
Of wie ontdek het waarom voorwerpe grond toe val?
Nou kan jy uitvind!
Dié boek is propvol verrassende wetenskaplike feite en ongelooflike prente. Dis 'n klein boek vol groot idees.
Sale
Die Boekwinkel tussen die Wolke
R
220.00
R
220.00
220.0
ZAR
Welkom by Kop in die Wolke.
Ella se gunstelingplek op aarde. 'n Plek vol towerkrag, waar wonderlike dinge met jou kan gebeur.
Hier kan jy tweedehandse boeke koop wat ruik na raaisels en avonture en dagdrome (en, om nou doodeerlik te wees, 'n klein bierjie na sweterige sokkies). Tussen die rakke was 'n avontuur wat Ella se hele lewe gaan verander... as sy dapper genoeg is.
Sale
Kodenaam Piesangs
R
295.00
R
295.00
295.0
ZAR
1940. Brittanje voer oorlog teen Nazi-Duitsland.
Die elfjarige Eric bring die meeste van sy dae deur in die plek wat hom die gelukkigste maak: die Londense dieretuin. En daar is een dier wat hy ontsaglik liefhet: Gertrude die gorilla. Terwyl daar oral in Londen bomme val, moet Eric vir Gertrude red. Saam met sy oom Sid, 'n opsigter by die dieretuin, vlug Eric en Gertrude. Maar terwyl hulle in 'n seedorpie wegkruip, vlek hulle 'n hooge geheime Nazi-komplot oop...
"Kodenaam Piesangs: is 'n gilsnaakse en aksiebelaaide avontuur vir die hele gesin.
Sale
Charlie en die Groot Glashyser
R
240.00
R
240.00
240.0
ZAR
Meneer Wonka is miskien 'n genie wanneer dit by sjokolade kom, maar Charlie en sy mense vertrou glad nie sy vliegvermoëns nie.
Veral aangesien die ding waarmee hy rondvlieg 'n glashyser is en dit buite beheer in die stratosfeer rondzoem...
Sale
'n Grootword-gids vir Meisies
R
160.00
R
160.00
160.0
ZAR
Grootword is pret, maar soms kan dit oorweldigend voel. Die beste manier om voor te berei daarop is om uit te vind hoe jou lyf en jou gevoelens gaan verander. Hierdie boek verduidlik op 'n eenvoudige manier wat gaan gebeur, en gee raad oor hoe jy na jou lyf kan omsien deur gesond te eet, oefening te doen en skoon te bly. Dit sal jou met selfvertroue laat uitsien na die opwindende tyd wat voorlê.
Prev
3
4
5
6
7
8
9
Next