'n Grootword-gids vir Seuns
150.00 150.00 150.0 ZAR
Grootword is pret, maar soms kan dit oorweldigend voel. Die beste manier om voor te berei daarop is om uit te vind hoe jou lyf en jou gevoelens gaan verander. Hierdie boek verduidlik op 'n eenvoudige manier wat gaan gebeur, en gee raad oor hoe jy na jou lyf kan omsien deur gesond te eet, oefening te doen en skoon te bly. Dit sal jou met selfvertroue laat uitsien na die opwindende tyd wat voorlê.
Zoem!: 'n Oerwoud vol dinosourusse
140.00 140.00 140.0 ZAR
Reis saam met Alex en Christiaan en beleef opwindende avonture!

Wanneer Alex se ouer nefie, Christiaan, sy eerste kar kry, is dit die begin van die twee seuns en Tjomper die hond se tydreise. Want dit is nie sommer enige kar nie, hierdie kar het 'n spesiale knoppie wat jou na 'n ander plek laat ZOEM!

Alex, Christiaan en Tjomper word teruggeneem na 'n tyd waar daar DINOSOURUSSE is! En arme Tjomper beland in een van die dinosourusse se neste...
Spaghetti tussen jou tone
180.00 180.00 180.0 ZAR
Tom en Trevor se nuwe juffrou is amper te goed om waar te wees. Sy word NOOIT OOIT kwaad nie. Maar Tom en Trevor hou van poetse bak. Dit is hulle spesiale talent! Daarom begin hulle dadelik planne maak. Planne om die nuwe juffrou WOEDEND te maak!
Die Mooiste Stories van Helena Lochner
240.00 240.00 240.0 ZAR
"Die Hans Christian Andersen van Suid-Afrika" - dit is die erenaam wat aan Helena J.F. Lochner gegee is. Hierdie geliefde Afrikaanse skrywer van kinderverhale en sprokies is in 1951 oorlede, maar haar verhale is tydloos en kalssiek, nes dié van Andersen.

Die bundel bevat 'n keur van haar mooiste stories, soos die bekende "Ou tante Langtand", "Die pratende pot", "Die apies jaag resies" en "Ou meneer Springer".
Die Storie van Wetenskap
190.00 190.00 190.0 ZAR
Vanaf die vroegste tye wonder mense hoe dinge werk en wat ons wêreld laat lyk soos dit lyk. Danksy duisende jare se eksperimente en idees, het ons al allerlei dinge uitgevind!

In hierdie boek maak jy kennis met die geniale gedagtes en eureka-oomblikke agter die grootste wetenskaplike ontdekkings in die geskiedenis van die mensdom - swart gate, mane, magnete, mikroskopiese wesentjies, die waarheid oor hitte en lig, wat plante eet, DNS, dinosourusse, atome, asteroïedes en X-strale - en sommer nog baie, baie meer.
Melkweg
195.00 195.00 195.0 ZAR
Op een van die laaste somerdae sit drie kinders in hul klubhuis op die muur rondom Ou Yster SV: Oskar, sy ouer broer, Bossie, en hul vriendin Gesie. Die klubhuis het nie 'n dak of mure nie, en ook niks anders wat by 'n klub pas nie. Kyk hulle af, is daar geen teken van die avonture wat op hulle wag nie.
Al wat hulle sien, is Melkweg, 'n rustige straat waar 'n bejaarde vrou haar stokou worshond uitlaat. Dis asof die tyd stilstaan en dit altyd somer sal bly. Dan stel Bossie voor dat hulle 'n weddenskap aangaan, en skielik is alles in rep en roer.
Wie skrik vir Wortel Wolf?
170.00 170.00 170.0 ZAR
Wortel Wolf is eensaam. Sy huis is die enigste in Stofstraat... tot drie nuwe intrekkers hulle opwagting maak. Aha, bure kuier mos oor en weer en sy knoffel is juis op. Hy sal moet gaan kennis maak!

In hierdie drie bekende stories het Wortel Wolf 'n paar verassings in sy mou.
Frikkadel die Spookhond
160.00 160.00 160.0 ZAR
Is dit 'n hond?
'n Deursigtige Jack Russell?
Soos 'n... spookhond?

Hugo Roets weet nie of hy bang moet wees nie. Hoeveel mense het al 'n spookhond gesien?
Dis mos ongelooflik!

Maar dit is net die begin van die storie...
Frikkadel moet 'n nuwe huis kry. Daar is net een probleem: Hoe kry mens 'n vir-altyd-huis vir 'n spookhond?
Die Avonture van Iwan
250.00 250.00 250.0 ZAR
Iwan hou van niksdoen, naas eet en slaap is dit sy gunstelingtydverdryf. Hy is só lui dat die mense hom spottend Lui Iwan noem, tot sy flukse broers se groot skaamte. Op 'n dag kruis 'n geheimsinnige blinde man sy pad en voorspel dat Iwan die volgende tsaar van Rusland sal word... mits hy vir die volgende sewe jaar heeltemal níks doen nie, níks sê nie en slegs sonneblompitte eet. Die silwermuntstuk om Iwan se nek sal dan vir hom die pad wys na die kroon wat vir hom bestem is.
Iwan pak die uitdaging vasbeslote aan - en só begin 'n ongelooflike avontuur. Die pad na die tsaar se kroon is vol struikelblokke en gevare, maar sommer gou is dit duidelik Lui Iwan word Sterk Iwan: 'n onverskrokke held wat met sy geweldige krag selfs vir Baba Jaga kan ore aansit!
Nimmermeer
250.00 250.00 250.0 ZAR
Morrigan Crow is vervloek. Bestem om op haar elfde verjaardag te sterf.

Maar toe die klok middernag slaan, word sy deur 'n merkwaardige man genaamd Jupiter Noord weggevoer na die geheime stad Nimmermeer. Daar word sy genooi om by die Wondergenootskap aan te sluit. 'n Lewe vol misterie en towerkrag wag op haar - mits sy vier onmoontlike proewe kan baasraak, met behulp van 'n uitsonderlike talent. 'n Talent wat sy nie het nie...
Dans, Jenna
120.00 120.00 120.0 ZAR
Jenna is versot op dans.

Al probleem is dat haar ma nie regtig geld het om vir haar balletklasse te betaal nie. En om vir nuwe dansskoene te wens is so goed soos dagdromery - al is hare flenters.
Maar toe die Kaapse Balletgeselskap 'n kompetisie loods wat talentvolle jong dansers die kans gee om 'n winterskool in die Kaap én 'n vertoning van 'n Russiese balletgeselskap by te woon, begin Jenna se hoop opvlam. Dalk is daar tog 'n manier om haar dansdrome waar te maak!
Maar iemand in haar balletklas is vasbeslote om haar planne in die wiele te ry...
Cowboy Koekemoer van die Klein-Karoo Omnibus
240.00 240.00 240.0 ZAR
Cowboy Koekemoer van die Klein-Karoo en sy getroue kameelperd, Shorty, is terug met 'n 5-in-1 omnibus en hulle is gereed om die dag te red. Al moet hulle die dag red terwyl hulle met vakansie is.

Daar is vier voorheen vrygestelde titels in hierdie versameling, asook 'n splinternuwe storie.
'n Goeie dag vir boomklim
230.00 230.00 230.0 ZAR
Partykeer doen 'n mens in 'n oogwink iets wat jou hele lewe verander. Soos om saam met 'n vreemde meisiekind in 'n boom te klim.

Marnus is moeg daarvoor om in sy twee broers se skadu te leef.
Sy ouer broer breek swemrekords en meisies se harte. Sy kleinboetie is op nege reeds 'n uitgeslape entrepreneur met briljante geldmaakplanne.
En Marnus-die-middelmannetjie voel partykeer asof hy onsigbaar is.
Maar toe Leila een oggend aan Marnus-hulle se deur kom klop en vra hy moet 'n petisie teken, is dit die begin van 'n onverwagse avontuur.
En uiteindelik kry Marnus 'n kans om raakgesien te word...
'n Ontdekkingsreis deur die Bybel - vir kinders
150.00 150.00 150.0 ZAR
Die Bybel is die belangrikste boek wat jy kan lees. Dit is propvol raad en riglyne om vir ons te wys wat ons moet doen om regtig te lewe soos God van sy kinders verwag. Maar soms is ons nie seker hoe om die Bybel reg te gebruik nie. Dave Strehler kan jou hiermee help!

In "'n Ontdekkingsreis deur die Bybel - vir kinders" kry jy die volgende:
• Elke boek van die Bybel word bespreek, van Genesis tot Openbaring.
• Belangrike onderwerpe soos geloof en redding word só verduidelik dat jy dit maklik kan verstaan.
• Daar is oulike kaarte en tydlyne.
• Daar is interessante inligting oor Bybeltye.

As jy hierdie boek gelees het, sal jy verstaan hoe al die Bybelboeke by mekaar pas, en ky sal weet hoe om dit wat die Bybel ons leer, in jou lewe te gebruik.

"'n Ontdekkingsreis deur die Bybel - vir kinders" sal jou help om die Bybel beter te verstaan en dit wat jy daarin leer, in jou lewe uit te leef.
My 3de Bybel Doen en Leer Boek
53.00 53.00 53.0 ZAR
"My 3de Bybel Doen en Leer Boek" is die volgende vlak in ons Bybelgebaseerde geletterdheidsreeks.

Spesiale kenmerke:
• 6 Bybelverhale mer kleurvolle illustrasies (112 bladsye)
• Verskeie lyn-illustrasies - ideaal vir inkleur
• Wiskunde- en taal-aktiwiteit na elke storie
• Disleksie-vriendelik
My Eerste Afrika-avontuur
230.00 230.00 230.0 ZAR
Dié boek is 'n kind se eerste kennismaking met die magiese kontinent van Afrika.
Ouers en kinders word genooi om by een van die wêreld se grootste hedendaagse avonturiers, Riaan Manser, aan te sluit in sy verkenning van Afrika op 'n fiets!

In September 2003 ry Riaan Manser vasbeslote uit Kaapstad in 'n poging om die eerste persoon te word wat reg rondom Afrika met 'n fiets toer. Hy het gedink dit sal hom 'n jaar neem, maar dit het hom meer as twee gekos. Aan die einde van 2005 bereik hy weer Kaapstad, 14 kg ligter ná sy 36 500 km reis, deur vier-en-dertig lande. In sy oorspronklike boek "Around Africa on my bicycle" laat Riaan die leser toe om die geswoeg, opgewondenheid en af en toe se angstigheid van sy reis te herleef - sy wroeginge deur die Sahara en Libiese woestyne, die aanleer van Frans, Portugees en Arabies, aap, rot en vlermuis etes, om te kon staan voor die piramides, ongekende vryheid te ervaar in die Rooi See in Egipte, hiënas wat hy mond tot mond gevoer het, en staan op die hoosgte, sowel as die laagste punte in Afrika. Riaan het op 25 November 2005 veilig in Kaapstad aangekom.

Nou, vir die eerste keer, kan kinders hierdie wonderlike ontdekkingsreis in 'n prettige, geïllustreerde weergawe van die oorspronklike een herleef. Gevul met prettige feite en inligting sal "My Eerste Afrika-avontuur" jonk en oud vermaak vir nog baie jare.
Diary of a Wimpy Kid #18: No Brainer (audiobook)
185.00 185.00 185.0 ZAR
Up until now, middle school hasn't exactly been a joyride for Greg Heffley. So when the town threatens to close the crumbling building, he's not too broken up about it.

But when Greg realizes this means he's going to be sent to a different school to his best friend, Rowley Jefferson, he changes his tune. Can Greg and his classmates save their school before it's shuttered for good? Or is this the start of a whole new chapter for Greg?
Klein Beertjie leer van Paasfees
35.00 35.00 35.0 ZAR
Klein Beertjie is baie nuuskierig en hou daarvan om sy Bybel te lees en meer oor God te leer. Kan jy raai wat hy geleer het van Paasfees?

"Klein Beertjie leer van Paasfees" is die ideale wegspringplek om jou 3- tot 6-jarige van die ware betekenis van Paasfees te vertel.
Klein Beertjie leer oor liefde
35.00 35.00 35.0 ZAR
Klein Beertjie is baie nuuskierig en hou daarvan om sy Bybel te lees en meer oor God te leer. In hierdie storie leer hy van 'n babaseuntjie wie se mamma so lief was vir hom dat sy hom in 'n mandjie weggesteek het om hom veilig te hou.

"Klein beertjie leer oor liefde" is die ideale wegspringplek om 3- tot 6-jariges te help dink aan maniere om vir iemand te wys hulle is lief vir hulle.
Klein Beertjie leer om te deel
35.00 35.00 35.0 ZAR
Klein Beertjie is baie nuuskierig en hou daarvan om sy Bybel te lees en meer oor God te leer. In hierdie storie sukkel Klein Beertjie om mededeelsaam te wees - totdat Pappa Beer hom vertel van 'n seuntjie wat alles gedeel het wat hy gehad het.

"Klein Beertjie leer om te deel" is die ideale wegspringplek om 3- ot 6-jariges te help verstaan hoe lekker dit is om te deel.