Flora
320.00 320.00 320.0 ZAR
Die Here sorg vir jou, Flora, al voel dit nie altyd so nie.

Dis 1982 en Flora Beukes woon saam met haar pa Frans, ma Siena en drie jonger sibbe op die Myburghs se plaas, Vlakpoort, 'n klipgooi ver van Keimoes.
Siena is bekommerd oor Frans wat heelnaweek saam met Jan Olyn langs die bierpotte deurbring en dan laataand soos 'n besetene kom moles maak by hulle rietdakhuis. Sy is stilletjies besig om planne te maak om met die kinders na Springbok te verhuis. Maar net voor Kersfees word die gesin een nag tragies uitmekaargeruk. En die Beukes-kinders word aan hulle eie lot oorgelaat.
Flora voel verantwoordelik vir haar jonger broers en sussie se welstand, maar in die herberg op Doringvlei word die kinders se lewens nog verder omvergegooi. Voor Flora haar oë kan uitvee, bly sy alleen agter. Haar hart is stukkend, maar sy is vasbeslote om weer haar boeties en sussie onder een dak te kry en 'n huis vir hulle te bou.


Engela Ovies se tweede roman is 'n hartroerende verhaal oor 'n dapper tienermeisie se liefde vir haar sibbe en die opofferings langs die pad om haar ma se laaste wens te laat waar word. Dit getuig van medemenslikheid en vergifnis - eerlik, deernisvol en opreg.
Zeus van Wyngaardt en die skrikgodin
320.00 320.00 320.0 ZAR
Privaat speurder Zeus van Wyngaardt is bang vir min dinge, maar die L-woord gee hom die ritteltits. Toe sy ondersoek na sy buurman se vermiste tienerdogter hom na die verleidelike courtisane Wildene du Bois lei, kos dit kophou om nie al sy reëls oor die liefde oorboord te gooi nie. Terselfdertyd help hy Elsie Niemandt, 'n emosioneel mishandelde, geskeide vrou wat haar kinders probeer terugkry. Die sake het op die oog af niks met mekaar te doen nie, maar Zeus besef dat hulle tentakels van dieselfde groot monster is.
Lekkergoed vir die Lewe
290.00 290.00 290.0 ZAR
"Ek hoop dat hierdie lekkergoed-dagstukkieboek 'n sagte malvalekkerhart by jou sal kweek en dat jy jou lewe, ten spyte van al die suurwurms op jou lewenspad, baie sal geniet."

Hoe kan ek in 'n nuwe kragtige geloofsrat inbeweeg? Deur 'n ware konneksie met die Here te maak en die werking van sy Heilige Gees eerstehands te begin ervaar. In hierdie onopgesmukte dagstukkies deel Susan Coetzer stories uit haar lewe wat jou sal help om die Here se nabyheid oral tasbaar te ervaar: van die trapmeul by die werk en huis tot die glasskerwe op jou lewenspad. Die 250 dagstukkies is daarop gemik om geestelike groei aan te moedig deur nuwe maniere van dink en doen te kweek en in te oefen. Dit sal jou bemoedig om geestelik sterker te word sodat jy as gelowige staande kan bly in die moeilike tye waarin ons leef.
We Wish You a Merry Christmas
255.00 255.00 255.0 ZAR
A stunning highly-illustrated gift book containing a festive flurry of classic and modern Christmas poems, chosen and illustrated by Chris Riddell. Includes much loved traditional verse - such as 'The Night Before Christmas', 'The Twelve Days of Christmas', 'Deck the Halls', 'We Wish You a Merry Christmas' and 'We Three Kings'.
Onbeskryflik
280.00 280.00 280.0 ZAR
Ontdek die wonders van die heelal saam met die Skepper

Dit is onmoontlik om te verstaan hoe groot God regtig is. Hy beheer tyd, skep lig en laat dinge onstaan deur net 'n woord te spreek - van die grootste sterre tot die kleinste seester. God is 'n kragtige, doelgerigte, persoonlike en fantastiese Skepper.

Psalm 19:2 sê: "Die hemele verkondig die heerlikheid van God. Die uitspansel getuig van die werk van sy hande."

"Onbeskryflik" vertel van die wonderlike skepping met wetenskapike feite, foto's en oorspronklike illustrasies. Hierdie 100 dagstukkies sal jou oopmond laat staan in verbasing oor God se kreatiwiteit deur te kyk na:
• Die ruimte, sterrestels. planete en sterre
• Die Aarde, oseane en die weer
• Diere - van duiwe tot dinosourusse
• Ons verstand, liggaam en verbeelding

Elke dagstukkie bevat 'n "VERWONDER JOU" gedeelte, praktiese aktiwiteite, en 'n gebed. "Onbeskryflik" sal kinders help om die ongelooflike skepping van ons onbeskryflik wonderlike God te ontdek.
Good News Bible - Interactive Youth Edition
260.00 260.00 260.0 ZAR
What you're holding in your hands right now is the Good News Bible Youth Edition, created in partnership between Bible Society and Youth for Christ. No matter how much you've read the Bible before, or how connected to God you feel, this book is for you.

Young people helped us put this Bible together and it features:
• links to 30 videos (also available on YouTube) unpacking themes found in the Bible
• hundreds of interactive elements throughout the Bible to inspire you to dig deeper
• a full-page introduction to each book of the Bible, showing what it's all about and how it fits into the bigger story
• 48 extra pages of key thins to know about the Bible, help with tough topics, and journaling space

WATCH • THINK • LEARN • COLOUR • ACT • CREATE
Betereinder
255.00 255.00 255.0 ZAR
Rigtingwysers vir jou Lewenspad
330.00 330.00 330.0 ZAR
God weet wat ons wil hê nog voordat ons daarvoor vra.

Hy weet hoe elkeen van ons se lewenspad lyk nog voordat ons die pad gestap het. "Rigtingwysers vir jou lewenspad" is 'n padkaart met wyshede vir wanneer jy rigting verloor of wanneer die uitdagings sonder waarskuwing opduik. Dis dagstukke bring moed in swaarkry-tye spdat jy sonder sukkel die struikelblokke kan oorkom. Piet Smit het 150 oordenkings geskryf om jou te help koershou deur die lewe se storm- en sonskyndae. "Rigtingwysers vir jou lewenspad" is 'n kompas vir daardie oomblikke wanneer die wind jou skip in die verkeerde rigting wil stuur.
Onverskrokke Vroue
295.00 295.00 295.0 ZAR
Waar hoort vroue in die samelewing? Hul rol as versorgers word geredelik erken, maar wat van die openbare sfeer - waar hoort vroue in die kerk, die politiek, die sakewêreld, sport en wetenskap? Was dit altyd so, of het dié rol oor die jare verander?
Bettina Wyngaard, Pverbergse skrywer, dromer, aktivis en reggeleerde, ontleed dié kwessie in 'n gesprek tussen die Bybel en Suid-Afrika se grondwet.
Sy kyk spesifiek na die sogenaamde tekste van verskrikking ("texts of terrors") in die Bybel. Hoe moet ons dit verstaan? Het vroue in die Bybelse tye dinge anders beleef as ons vandag? En hoe staan dit vandag met vroue - as versorgers in die Covid-19-pandemie, as leiers in die kerk, as huiswerkers? En wat van seksuele teistering by die werk, transgenderregte en hutsmerk-aktivisme?
"Onverskrokke vroue" bied 'n omvattende, deeglik nagevorste en indringende blik op aktuele vrae waarmee ons daagliks worstel. Terselfdertyd vier dit vroue se moed en sal jou nie net diep laat dink nie, maar ook opnuut inspireer.
Nogtans-Geloof
280.00 280.00 280.0 ZAR
"Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder."
- Habakuk 3:17

Hoe hou ek vas aan God as my en ander se ervaringe nie hoop weerspieël nie?
Ivor Swartz, die bekende jeugpredikant van Pretoria, lei ons om aan die hand van Habakuk 3:56 te vra hoe 'n nogtans-geloof lyk. Hoe praat, bid en leef ek voor ander as dit sleg gaan met my? Hoe bly ek geanker in God, eerder as om op die uitkoms te fokus?
Ivor leer ons om 'n nogtans-geloofuitkyk toe te pas deur te kies: Kies om te lewe vir dit wat ewigheidswaarde dra. Verander jou perspektief in tye van krisis en swaarkry, en reageer op 'n nogtans-manier.

'n Inspirerende boek wat hoop gee.
Die dag toe ons krismis gaan soek het
250.00 250.00 250.0 ZAR
Kalahari Dreaming
280.00 280.00 280.0 ZAR
For hundreds of years the vast territory of the Kalahari remained a blank on the map. Yet it gripped the imagination of poets, painters, writers, dreamers, adventurers and some charlatans. This book is a whimsical anthology of those who were inspired by this desert, those who lived in its bitter confines and those who died in its dry embrace.
Krieket, Kerrie en Gandhi
250.00 250.00 250.0 ZAR
Johan Badenhorst en sy seun, Streichter, durf die Indiese subkontinent op ysterperde aan. Hulle bly met mikrofone in verbinding, maar is nie altyd lus om te praat nie. Terwyl Streichter vreesloos om haarnaalddraaie swenk, is Johan versigtiger. Albei moet kophou in die druk Indiese verkeer. Dit sorg vir 'n onvergeetlike pa-en-seun-ervaring, waar Johan opnuut besin oor sy pa-wees, maar ook terugdink aan sy eie herkoms.

Indië en sy mense is die sneller vir die vrae en bepeinsings oor die verlede en die toekoms. Ouerskap, rykdom, armoede, godsdiens en vele ander onderwerpe kom na vore. Alles speel af teen die agtergrond van nog 'n wonderlike "Voetspore"-ekspidisie.
Die Edik van Nantes Kookboek
315.00 315.00 315.0 ZAR
Suidooster-Kombuis
290.00 290.00 290.0 ZAR
Ruik jy dit ook?
Die geure van die Ruiterbosch-kombuise wat saam met die suidoos dwarsdeur jou TV-skerm tot in die hart van jou huis waai? Pot-uitlek soet-hoenderkerrie, varsgebakte speserykoekies en geurige tamatiebredie...
"Suidooster"-aanhangers smeek hul geliefde sepie-gesinne al lank vir 'n kookboek met hul gunstelinggeregte, en hier is dit nou!

Mrs J, Mymoena en Stefan neem die voortou:
"Ons deel ons resepte sodat familietradisies, ons kos en feestelikheid kan aangaan. Dis niks uitspattig nie. Ons kook uit ons harte met bestanddele soos liefde en joy."

Geniet 'n groot sny marvellous melktert terwyl jy na Mrs J se raad luister. Hoor AB wat vir Mymoena sê: "Shukraan, my darling, vir die heerlike samoesas," terwyl jy ook proe. En probeer self Stefan se Oos Wes-staatmakers. Hierdie boek vier die vermenging van kultuur, tradisie en nostalgie wat familie en vriende se lief en leed met kos saambind. Dis pure magic, my mens!
Op die man af
290.00 290.00 290.0 ZAR
Bitter Pill
265.00 265.00 265.0 ZAR
Inside the heaving party hub that is Cape Town's student playground, someone is preying on the young and unwary. As allegations of drink spiking and illicit sex hit the local papers, university authorities move quickly to limit the damage.

A world away in Seattle, Carlos De Palma, the shadowy operator behind "Dark Video", is plotting his survival strategy in the ever-changing Internet landscape. With his precious clients clamouring for heightened thrills, Carlos begins tapping into a new service that blurs the boundaries between the real and virtual worlds.

Enter Robbie Cullen, nice guy and average student, dumped by his girlfriend and struggling with his grades. But when it comes to the crunch, Robbie doesn't know the meaning of stepping back. Once he encounters the beautiful and mysterious Fallon, his small-town bravado is set to make him some powerful enemies.

"Bitter Pill" is a gripping thriller that sweeps through the intoxicating haunts of Cape Town's nightlife and lingers on the sugary sand of Plettenberg Bay - before exploding on the streets of the Mother City's exclusive southern suburbs.
Krummels in my Koffer
265.00 265.00 265.0 ZAR
Knuppeldik aan Koningskos
290.00 290.00 290.0 ZAR